# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê Suid-Afrika sal oor ʼn tydperk van ses maande twee-miljard-rand van die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en -voorkoming ontvang. Dit sal bestaande MIV- en vigsprogramme in die land aan die gang hou. Besnoeiings in Februarie aan Amerika se presidensiële noodplan vir vigsverligting het ʼn massiewe finansiële tekort veroorsaak in Suid-Afrika se MIV-programme. Motsoaledi sê Amerika het besluit om die besnoeiings te heroorweeg deur ʼn nuwe meganisme in te stel. Dit word ʼn oorgangstydperk genoem wat een tot vyf jaar kan duur.
Suid-Afrika kry befondsing van Amerika vir bestaande MIV/Vigs-programme