# Business Leadership South Africa sê die harde werk wat die Nasionale Tesourie in die munisipale skuldverligtingsprogram ingesit het, lei nie tot ‘n verbetering in munisipale betalings nie. Munisipaliteite skuld Eskom gesamentlik 94,6-miljard-rand. Die aantal munisipaliteite met ‘n agterstallige skuldbalans van meer as 100-miljoen-rand het tot 75 gestyg. BLSA se uitvoerende hoof, Busiswe Mavuso, sê wat nodig is, is ‘n direkte ingryping in hoe munisipaliteite hul finansies bestuur om betaling aan Eskom af te dwing, voordat die inkomste wat uit elektrisiteitsverspreiding ingevorder word, vir enigiets anders gebruik word.
BLSA sê sistemiese verandering is nodig vir munisipaliteite se skuld aan Eskom