# Die Kommunikasiewerkersvakbond het sy woede uitgespreek omdat die SABC se totale besteding op uitvoerende direkteure tot 10,3-miljoen-rand gestyg het teenoor 9,9-miljoen-rand in die 2024/2025-boekjaar. Die openbare uitsaaier het ʼn netto verlies van 253,3-miljoen-rand getoon vergeleke met 197,8-miljoen in 2024. Die beskeie inkomstegroei van 1,3-persent is oortref deur ʼn styging van 3-persent in besteding. Die vakbondwoordvoerder, Moffat Seutlwadi, sê die SABC se uitvoerende hoof, Nomsa Chabeli, se totale pakket was in die 2024/2025-boekjaar 5,576-miljoen-rand:
Kommunikasiewerkersvakbond woedend oor SABC se totale besteding op uitvoerende direkteure [KLANK]
ENG SeutlwadionExpenditure