# Die adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Zuko Godlimpi, sê die Amerikaanse tarief van 30-persent bedreig ongeveer 30-duisend Suid-Afrikaanse werksgeleenthede en dekades se handelsvennootskappe. Godlimpi het tydens die Uitvoersimposium en Ekspo gesê dit is ‘n wekroep vir Suid-Afrika om sy handelstrategie te heroorweeg, markte uit te brei en veerkragtigheid te bou, terwyl hy die belofte van die Afrika Kontinentale Vryehandelsgebied verwesenlik. Hy het die land se sterk nywerhede beklemtoon en inklusiewe groei aangemoedig wat vroue, die jeug en klein besighede bemagtig.
Adjunkminister Godlimpi versoek handelshersiening ná Amerikaanse tariefskok