# Google het aangekondig hy gaan oor die volgende vyf jaar meer as 260-miljard-rand in Indië belê en ‘n reuse-datasentrum en kunsmatige intelligensie-basis in die land bou. Dit sal die grootste KI-kern buite die VSA wees. Die vraag na KI-hulpmiddels en -oplossings het skerp toegeneem onder ondernemings en individue in Indië, wat na verwagting teen die einde van die jaar meer as 900-miljoen internetgebruikers sal hê.
Google belê R260-miljard in KI-kern in Indië