# President Cyril Ramaphosa het die Spesiale Ondersoekeenheid se ondersoek na die Nasionale Loterykommissie uitgebrei. Die omvang van die oorspronklike proklamasie is uitgebrei om bedrog en korrupsie in te sluit wat verkryging by die kommissie betref. Die gewysigde proklamasie voeg ook 21 nuwe kategorieë van verkryging en kontraktering by die ondersoek. Die eenheid se aanvanklike ondersoek is verdeel in drie fases ter waarde van ongeveer twee-miljard-rand. Hy sê hy is besig om die derde fase af te handel en sal voortgaan met siviele litigasie.
President Ramaphosa brei ondersoek na Nasionale Loterykommissie uit