# Die voormalige hoof van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika, Lucky Montana, het ten sterkste ontken dat hy die Suid-Afrikaanse Inkomstediens geld skuld. Die agentskap het die naweek in ʼn ongekende stap ʼn nuuskonferensie gehou waar hy inligting bekendgemaak het oor Montana se belastinginligting en sy skuld van net meer as 55-miljoen-rand. Die Inkomstediens sê die stap was noodsaaklik om sy integriteit te beskerm nadat Montana hom openlik van bedrog beskuldig het. Montana sê hy is nie bang om die Inkomstediens aan te pak nie:
Lucky Montana kap terug na Inkomstediens oor onbetaalde belasting van R55-miljoen [KLANK]
ENG MontanaOnSars