# Die Hooggeregshof in Pietermaritzburg hoor tans die staat se slotbetoë in die heropende geregtelike doodsondersoek na die dood in 1967 van ANC-leier en Nobelpryswenner, Albert Luthuli. Die oorspronklike doodsondersoek het bevind dat hy, sonder enige kriminele aanspreeklikheid, deur ‘n goederetrein getref is. Die heropende ondersoek wat in April begin het, het nuwe forensiese en spoorwegbewyse ondersoek, tesame met getuienis van familielede wat die verskerpte teistering deur die veiligheidspolisie uitgewys het, nadat Luthuli die Nobelprys vir Vrede in 1961 gewen het. Die slotargumente sal Donderdag aangehoor word.
Staat begin slotbetoë in heropende Luthuli-ondersoek