Skip to content

China dreig met vergelding oor Trump se waarskuwing van 100%-tariewe

# Die Chinese regering waarsku hy sal optree indien president Donald Trump van Amerika voortgaan met sy dreigement om tariewe van 100-persent op Chinese invoere in te stel. Trump het verlede week teruggekap nadat Beijing sy reëls vir die uitvoer van skaars aardmetale verskerp het en sê dié land raak vyandiggesind en probeer die wêreld gevange hou. China se ministerie van Handel sê indien Amerika voortgaan om eensydig op te tree, sal Beijing soortgelyke maatreëls instel om sy wettige regte en belange te beskerm.