# Die geskorste nasionale adjunkpolisiekommissaris, Shadrack Sibiya, sal vandag begin om voor die Parlement se ad hoc-komitee te getuig. Die komitee ondersoek bewerings van korrupsie en politieke inmenging in die polisiediens. Sibiya se getuienis volg nadat sy huis in Centurion verlede Donderdag deursoek is, waar beslag gelê is op verskeie elektroniese toestelle. Die deursoeking-en-beslagleggingsoperasie vorm deel van ‘n voortgesette ondersoek na misdaadkartelle in Gauteng. Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, het Sibiya betrek by die ontbinding van die taakspan vir politieke moorde.
Shadrack Sibiya getuig vandag voor die Parlement se ad hoc-komitee