Skip to content

Standard Bank betaal R100-miljoen se onopgeëiste voordele aan Suid-Afrikaners uit

# Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor sê Suid-Afrika het ongeveer 89-miljard-rand in onopgeëiste voordele. Standard Bank het aangekondig hy het die afgelope jaar 100-miljoen-rand aan duisende Suid-Afrikaners terugbetaal, waarvan baie onbewus was dat fondse aan hulle verskuldig is. In samewerking met die opsporingsagentskap, Reunyte, het die bank se internet-gebaseerde stelsel kliënte gehelp om voordele, hoofsaaklik onbetaalde pensioene, te eis. Die hoof van Digitale en e-Handel, Belinda Rathogwa, sê die mylpaal herstel vertroue en bied lewensveranderende verligting aan begunstigdes.