# Navorsing deur Higher Health South Africa het bevind dat tussen Januarie 2021 en Junie 2023 meer as 321-duisend ingrypings vir die voorkoming van geestesgesondheidsprobleme aan studente gelewer is, met psigo-maatskaplike ondersteuning en berading aan meer as 23-duisend Suid-Afrikaanse studente. Die president van die Rosebank International University College, Linda Meyer, sê ‘n nasionale studie wat by 17 Suid-Afrikaanse universiteite uitgevoer is, het bevind dat 37,1-persent van studente voldoen aan die kriteria vir angsversteurings, terwyl 24,4-persent al selfdood oorweeg het:
Bestuurders aan SA universiteite vra integrasie van geestesgesondheidstrategie by instellings [KLANK]
ENG MeyerOnMentalHealth