Skip to content

Padwedlope: R50 000 prysgeld op die spel by Streek 5 Marathon

# Padwedlope: Die minister van Sport Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, sê die Streek 5 Marathon gaan nie net oor hardloop nie, maar om aan die wêreld die krag, eenheid en talent van Afrika te wys. Die marathon, wat deur die Afrika-unie se Sportraad georganiseer is, word Sondag in Tshwane gehou. Die hoofitem is die 21,1-kilometer halfmarathon, met die mans- en vroue-wenners wat elkeen 50-duisend-rand ontvang. McKenzie sê die marathon is nie slegs vir elite-atlete nie, maar vir almal.