# China het die uitvoerbeheer op seldsame aardmetale en ander stowwe wat krities is vir gevorderde tegnologievervaardiging verskerp. Die land verwerk ongeveer 90-persent van die wêreld se seldsame aardmetale wat vir ‘n verskeidenheid van goedere, vanaf sonpanele tot slimfone nodig is. Beijing sê die regulasies is ingestel om nasionale veiligheid te beskerm. Die nuwe beheermaatreëls kan ‘n groot impak in die VSA hê, met sy beduidende mynbedryf vir seldsame aardmetale, maar geen verwerkingsgeriewe nie. Dit is ‘n belangrike bedingingsmiddel voor die verwagte vergadering tussen die Chinese leier Xi Jinping en sy Amerikaanse eweknie Donald Trump later die maand.
China verskerp uitvoerreëls vir noodsaaklike seldsame aardmetale