# ‘n Verdagte wat gesoek word vir die moord op die adjunkhoofsweep van die IVP, Khethamabala Sithole, is vanoggend deur die polisie in Duduza, Ekurhuleni, doodgeskiet. Die polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê die polisie het Zamani Ngila Ximba by ‘n skuilplek opgespoor, waar hy ‘n voorwerp wat soos ‘n vuurwapen gelyk het, op hulle gerig het. Die polisie het losgebrand en later ontdek dit was ‘n nagemaakte wapen. Hy bevestig die twee verdagtes sal op 20 November in die hof verskyn:
Polisie skiet verdagte dood wat met moord op IVP-adjunkhoofsweep verbind word [KLANK]
ENG-MasondoOnXimba