# Die Ouditeur-Generaal het die tweede agtereenvolgende jaar ‘n ongekwalifiseerde ouditmening aan die SABC uitgereik vir sy finansiële state tot 31 Maart. Die uitsaaier het ‘n toename van tien-persent in TV-lisensie-inkomste bereik om verlede jaar se daling van sewe persent om te keer. Die SABC het ondanks die vordering egter ‘n netto-verlies van 240-miljoen-rand aangeteken namate uitgawes vinniger as inkomste gestyg het. Die uitvoerende hoof, Nomsa Chabeli, sê die prestasie weerspieël groeiende bestendigheid en sterker bestuur te midde van befondsings-uitdagings.
SABC ontvang tweede ongekwalifiseerde oudit ondanks finansiële uitdagings