# President Cyril Ramaphosa het die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, as waarnemende president aangestel, aangesien beide die president en adjunkpresident, Paul Mashatile, tans in die buiteland is. Ramaphosa het Woensdag ‘n amptelike besoek aan Ierland afgelê en sal vandag die Global Gateway Forum in Brussel, België, bywoon. Mashatile is op ‘n tweedaagse besoek aan Soedan om vergaderings te hou oor die toepassing van die Hernude Ooreenkoms oor die Oplossing van Konflik in Suid-Soedan.
BIN – Ramaphosa stel minister Angie Motshekga aan as waarnemende president