Skip to content

Die Nasionale Tesourie stel vandag MzansiXchange Pilot bekend

# Die Nasionale Tesourie sal vandag, onder leiding van die direkteur-generaal, Duncan Pieterse, die MzansiXchange Pilot bekendstel. Die inisiatief het ten doel om ‘n veilige en burgergesentreerde data-uitruilplatform te skep om bewysgebaseerde beleidmaking en intydse dataverifikasie tussen regeringsdepartemente te verbeter. Dit is deel van Suid-Afrika se MyMzansi digitale transformasie padkaart. Vennote sluit in Statistieke Suid-Afrika, Binnelandse Sake, die Presidensie, die Suid-Afrikaanse inkomste diens, NSFAS, die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap, en verskeie sleutel regerings- en navorsingsinstellings.