# Die DA het gewaarsku teen wat hy gevaarlike en onverantwoordelike lenings vir die ANC se voorgestelde Transformasiefonds noem. Die DA-woordvoerder Toby Chance sê die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging beplan om tussen 34-miljard-rand en 50-miljard-rand van die Afrika Uitvoer-Invoer Bank te kry. Hy voer aan die fonds kan belastingbetalers belas met die onbetaalde lenings, en eis dat geleende geld eerder uitvoere, infrastruktuur en werkskepping moet bevorder.
DA waarsku teen miljarde vir ANC se Transformasiefonds