# Die Wêreldhandelsorganisasie het sy voorspelling vir die groei van globale handel in goedere vir 2026 skerp verlaag tot 0,5-persent, teenoor die vorige 1,8-persent. Die organisasie blameer die nagevolge van Amerikaanse president Donald Trump se tariewe. Die hoof van die organisasie, Ngozi Okonjo-Iweala, waarsku vooruitsigte is somber, maar sê die globale handelstelsel bly veerkragtig. Die organisasie het sy voorspelling vir 2025 verhoog tot 2,4-persent, danksy invoerstygings voor die inwerkingtreding van tariefverhogings, en die bloeiende handel rondom kunsmatige intelligensie.
Wêreldhandelsorganisasie verlaag groeivoorspelling vir 2026 tot 0,5% te midde van Amerikaanse tariewe