# Die Europese Unie het Europese ondernemings in kritieke sektore aangesê om die gebruik van kunsmatige intelligensie te verhoog en het hul ook aangespoor om hul afhanklikheid van buitelandse KI-verskaffers te verminder. Die EU is wel agter teenoor Amerika en China, maar Brussel glo hy kan steeds meeding in die globale KI-wedloop. Die Europese Kommissie sê om dit te bereik, gaan hy 20-miljard-rand beskikbaar stel om sleutelsektore soos farmaseutiese produkte, energie en verdediging te bevorder, om Europese KI-aangedrewe instrumente te bevorder en gespesialiseerde KI-modelle te ontwikkel.
EU wil hê ondernemings moet KI wat in Europa vervaardig is gebruik