# Transnet sê sy strategie van herbelegging met die oog op groei, tesame met volgehoue ondersteuning soos goedgekeurde regeringswaarborge van 51-miljard- en 94,8-miljard-rand, plaas die maatskappy op ‘n stabiele weg na langtermyn winsgewendheid. Dié staatsentiteit se inkomste het in die finansiële jaar tot 31 Maart 2025 met 7,8-persent gestyg tot 82,7-miljard-rand, teenoor 76,7-miljard-rand verlede jaar. Dit het ‘n netto verlies van 1,9-miljard-rand getoon, wat ‘n groot verbetering is van die verlies van 7,3-miljard rand in 2024. Transnet sê ondanks sy beter finansiële vertoning, word hy steeds deur reuse-bedryfsuitdagings in die gesig gestaar, insluitend ontsporings en die betroubaarheid van toerusting.
Transnet toon beduidende verbeterings in geldsake