# Die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi het aan die parlement se ad hoc komitee gesê, kriminele sindikate landswyd het gedeeltes van die regstelsel binnegedring. Die komitee wat Mkhwanazi se beweringe oor polisiekapings aanhoor, het gister begin. Hy het getuig dat korrupsie nie beperk is tot KZN of Gauteng nie, maar ook provinsies soos die Wes-Kaap raak. Mkhwanazi het onthul dat skelm beamptes, aanklaers en hofbeamptes met misdadigers saamwerk om ondersoeke en hofsake te ontwrig: