Skip to content

Wêreldbank verhoog Afrika suid van die Sahara se groeivooruitsigte vir 2025

# Die Wêreldbank sê die ekonomie van Afrika suid van die Sahara sal na verwagting vanjaar met 3,8-persent groei wat hoër is as die verwagte 3,5-persent in April. Dit word aangevuur deur bestendige inflasie en die goeie wisselkoers in lande soos Ethiopië. Die bank se Africa Pulse-verslag verwys na verbeterde omstandighede wat privaatverbruik en beleggings aanwakker. ‘n Gemiddelde groeikoers van 4,4-persent word vir die volgende twee jaar voorspel terwyl fiskale inperkings herstel kan vertraag. Ethiopië, Nigerië en die Ivoorkus het die sterkste opwaartse hersienings aangeteken.