# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het die veilige aankoms van die Global Sumud-flottielje se aktiviste in Jordanië aangekondig. Hy sê die Suid-Afrikaanse ambassadeur, Tselane Mokuena, was teenwoordig om die afvaardiging namens die land te ontvang. Lamola herbevestig die regering se opregte dankbaarheid aan alle belanghebbendes wat bygedra het tot die suksesvolle uitkoms deur hulle samewerking en ondersteuning. Hy sê daar word verwag dat die afvaardiging môreoggend op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng sal land:
Suid-Afrikaanse regering bevestig aankoms van flottielje-aktiviste in Jordanië [SOUND]
ENG LamolaonJordan