# Business Leadership SA sê die regering moet deur BRICS en die Afrika-vasteland vryhandelsooreenkoms met mening alternatiewe handelsvennootskappe vind en bou. Dit volg op die verstryking van die Amerikaanse voorkeurhandelsraamwerk, Agoa, op 30 September. Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê hy vertrou ‘n hernuwing is op hande. Suid-Afrika was verantwoordelik vir 54-persent van alle Agoa-uitvoere na Amerika. BLSA se uitvoerende hoof, Busiswe Mavuso, sê ‘n versnelde hervormingsagenda kan die negatiewe gevolge van Agoa se einde verminder.
BLSA sê Agoa se einde vereis dat Suid-Afrika alternatiewe handelsbande moet smee