# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, het belowe om ontslae te raak van spookwerkers by die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit in Noordwes. Hlabisa sê diegene wat op bedrieglike wyse salarisse ontvang, sal vervolg word. Hy sê die span wat ontplooi is, het ‘n duidelike mandaat ontvang om Ditsobotla reg te ruk en die bedrogspul vir eens en vir altyd te beëindig. Hy waarsku amptenare wat hierdie soort betalings magtig sal die gevolge dra:
Hlabisa verklaar oorlog teen spookwerkers by Ditsobotla Munisipaliteit [KLANK]
ENG-HlabisaOnGhostWorkers