Skip to content

Stappers op Everest veg teen hipotermie terwyl reddingswerk in sneeustorm voortduur

# Stappers wat naby Everest in ‘n sneeustorm vasgevang is, het vertel van hoe hulle aan hipotermie gely het terwyl dit onophoudelik gesneeu het. Volgens die Chinese staatsmedia het ten minste een stapper gesterf en meer as 200 is nog steeds aan die oostelike hange van Everest in Tibet vasgekeer. Dis ‘n gebied wat gewild is onder stappers en bergklimmers. Die sneeuval het Vrydagaand begin en oor die naweek vererger. Honderde plaaslike inwoners en reddingswerkers is besig om sneeu te verwyder wat toegang tot die gebied op ’n hoogte van meer as vierduisend-900 meter versper.