Skip to content

DA in Vrystaat vra dringende optrede om rioolstorting in Marquard te beëindig [KLANK]

# Die DA in die Vrystaat sê hy wil volhou met druk op die Setsoto-munisipaliteit om die lekkende pypleiding van Marquard se afvalwater-behandelingsaanleg te herstel. Jose Coetzee van die DA sê ondanks herhaalde toesigkomitee-bevindings en openbare klagtes het die munisipaliteit versuim om op te tree en inwoners sodoende aan gesondheidsgevare en omgewingsverval blootgestel. Hy sê die gedurige rioolstorting besmet die grond en bogrondse water en beskadig die ekostelsel en weiding:

ENG CoetzeeOnSewerage