# Nagenoeg 350 stappers wat deur ‘n sneeustorm in Tibet aan die hange van Berg Everest gestrand gelaat is, is na veiligheid gelei. Dit volg nadat swaar sneeu die naweek oor die Himalajas uitgesak het. Amptenare sê nagenoeg 200 stappers wat steeds naby die oostelike Kangshung-hang van Everest gestrand is, is in verbinding met redders en sal in groepe na die dorpie Qudang geneem word. Intussen is minstens 47 mense in die aangrensende Nepal sedert Vrydag dood nadat swaar reën grondstortings en oorstromings tot gevolg gehad het.
Meer as 200 stappers ná sneeustorm op Berg Everest gestrand gelaat – wag op redding