# Die UDM sê die ineenstorting van die Suid-Afrikaanse Poskantoor is nie die gevolg van onderbefondsing nie, maar van diepgewortelde wanbestuur en ‘n gebrek aan strategiese rigting. Die ouditeur-generaal Tsakani Maluleke het verdoemende bevindinge teen SAPO gemaak en vir die sesde jaar ‘n vrywarings-ouditmening vir die 2024/2025-boekjaar verkry. UDM se adjunkpresident, Nqabayomzi Kwankwa, sê die ouditeur-generaal het ‘n ontstellende prentjie geskets van ‘n instelling wat verlam word deur onreëlmatige uitgawes, swak bestuur en ‘n verbrokkeling van aanspreeklikheid:
UDM bekommerd oor wydverspreide finansiële wanbestuur by die SA Poskantoor [KLANK]
ENG KwankwaonPostOffice