# Die UDM het by internasionale oproepe aangesluit vir die onmiddellike vrylating van aktiviste van die Global Sumud-flottielje, insluitend die Suid-Afrikaners wat aangehou is terwyl hulle hulp aan Gaza afgelewer het. Die adjunkpresident van die UDM, Nqabayomzi Kwankwa, sê hul ontvoering ondermyn humanitêre beginsels en skend internasionale reg. Kwankwa het Israel se verset teen die uitsprake van die Internasionale Geregshof oor Rafah gekritiseer en gewaarsku dat vrede onmoontlik bly terwyl hulp geblokkeer word. Hy het sy steun vir ‘n Palestynse staat herbevestig en gevra vir inklusiewe dialoog, menswaardigheid en vreedsame naasbestaan in die streek:
UDM eis vrylating van ontvoerde Global Sumud Flotilla-aktiviste [KLANK]
ENG-KwankwaOnActivists