# Die veroordeelde kletsrymer Sean “Diddy” Combs het die regter in beheer van sy kriminele verhoor in ‘n brief om versagting gevra wanneer hy later vandag gevonnis word. Hy het sy vorige gedrag toegeskryf aan dwelmverslawing en verskoning gevra vir al die hartseer en pyn wat hy veroorsaak het. Hy het verklaar hy is hervorm nadat hy 13 maande in ‘n tronk in Brooklyn was. Combs is in Julie skuldig bevind op twee aanklagte van prostitusie en kan tot 20 jaar tronkstraf gevonnis word.
Kletsrymer Sean ‘Diddy’ Combs vra regter om versagting