Skip to content

Akademia-landbouskenkingsfonds word bekendgestel

# Die onafhanklike hoëronderwysinstelling, Akademia, het die Akademia-landbouskenkingsfonds bekendgestel om die volgende geslag landboukundiges op te lei. Die besturende direkteur, Marthinus Visser, sê deur hierdie fonds te stig, erken hulle die uiters belangrike rol wat die landbou speel, nie net vir kosvoorsiening nie maar ook vir ekonomiese stabiliteit en werkverskaffing. Hy sê deur die fonds wil hulle seker maak dat volgende geslagte opgelei word as landboukundiges wat met volharding die volhoubaarheid en impak van die sektor sal versterk.