Skip to content

Numsa vra regering om plaaslike vervaardiging te bevorder

# Die metaalwerkersvakbond, Numsa, kritiseer die regering omdat hy nie beter beheer het oor die invoer van buitelandse produkte, veral Asiatiese en Indiese voertuie nie. Hy sê dis ten koste van die plaaslike vervaardigingsarbeidsmag. In 2018 was een-persent invoere in die voertuigmark uit China en Indië, maar in 2025 het dit tot 26-persent geklim. Numsa se sekretaris-generaal, Irvin Jim, sê werkers verloor nie hul werk omdat hulle lui of nie opgelei is nie, maar omdat die regering se beleid handelaars en invoerders bevoordeel.