Skip to content

Minerale Raad SA sê handelsooreenkomste met Amerika sal volhoubaarheid van werk beïnvloed

# Die Minerale Raad van Suid-Afrika sê in die kort tot medium termyn hang die Suid-Afrikaanse ekonomie se vermoë om werkgeleenthede te skep en te behou van handelsooreenkomste met Amerika af. Op ‘n kwartaallikse basis het mynbou twee-duisend werkgeleenthede in die tweede kwartaal bygevoeg met formele indiensneming sedert 30 Junie vanjaar 468-duisend in vergelyking met 466-duisend teen die einde van Maart. Die raad sê in die lang termyn is beleidmakers in die land nodig wat struktuur kan afdwing, insluitend om ‘n voorspelbare en belegbare omgewing om in te werk, te skep.