# Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula sê die party herbevestig sy toewyding aan hernuwing, dienslewering en aanspreeklikheid, terwyl hy die nalatenskap van Oliver Tambo vereer. Hy lig die media in oor die uitkomste van die vergadering van die nasionale werkskomitee, en beklemtoon vordering in munisipaliteite soos Johannesburg en Ekurhuleni in Gauteng en eThekwini in KwaZulu-Natal, waar verbeteringe in paaie, water en elektrisiteit ‘n verskil maak. Mbalula sê die ANC se hernuwing moet in daadwerklike verandering op die grond gesien kan word:
ANC herbevestig toewyding aan hernuwing, dienslewering en aanspreeklikheid en vereer OR Tambo [KLANK]
ENG MbalulaOnRenewalLegacy