# President Cyril Ramaphosa het die Israelse regering gevra vir die vrylating van Suid-Afrikaners en ander burgers wat ontvoer is toe Israelse owerhede die Global Sumud-flottielje onderskep het. Die president se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die flottielje bestaan uit humanitêre vaartuie wat hulp aan Gaza wil lewer. Hy sê Suid-Afrikaners wat aan boord van die flottielje was sluit in Nkosi Zwelivelile Mandela, Zukiswa Wanner en Reaaz Moola, en bevestiging oor die ontvoering van Zaheera Soomar, Fatima Hendricks en Carrie Shelver is nog hangend.
Ramaphosa vra die onmiddellike vrylating van afgevaardigdes van Global Sumud-flottielje