# Die ekonoom Frederick Mitchell sê om betekenisvolle ekonomiese vordering te ondersteun, moet Suid-Afrika sy plaaslike ekonomiese beleid en sy internasionale houding verander. Suid-Afrika se ekonomie het in die tweede kwartaal vanjaar slegs 0,8-persent gegroei. Mitchell sê om Suid-Afrika se ekonomiese potensiaal te ontsluit, vereis ʼn ondubbelsinnige ekonomiese bloudruk. Hy sê die bloudruk moet onder meer handelstoegang tot belangrike markte, veral Amerika, beveilig en uitbrei, belasting verlaag en beperkende regulasies ophef.
Ekonoom sê dis tyd vir beslissende beleidsveranderinge wat ekonomiese vryheid bevorder