# Die Afrika Mayibuye Movement veroordeel die uitbuiting van pasiënte en gesondheidswerkers by die Tembisa-hospitaal in Ekurhuleni, Gauteng, nadat sindikate na bewering meer as twee-miljard-rand gesteel het met behulp van korrupte gesondheidsamptenare. Die party vra dringende vervolging, volle terugvordering van die gesteelde fondse en verantwoording vir politieke leiers wat toegelaat het dat korrupsie floreer. Mayibuye se woordvoerder Sydney Baloyi sê hospitale moenie gebruik word vir korrupte amptenare om hulself te verryk nie.
Afrika Mayibuye Movement sê hospitale moenie gebruik word vir korrupte amptenare om hulself te verryk nie