Skip to content

Minister De Lille kritiseer afgedankte SA Toerismeraad se dringende hofaansoek

# Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, het die afgedankte lede van die SA Toerismeraad beskuldig dat hulle onvanpaste taktiek gebruik het om haar onder druk te plaas om hulle weer aan te stel. Verlede maand het die afgedankte raadslede ‘n dringende aansoek by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien om die minister se besluit tersyde te stel. Hulle voer aan dat die minister goeie bestuur, verantwoordbaarheid en die onafhanklikheid van statutêre rade ondermyn. In haar verklaring sê De Lille die raadslede se bewerings van onwettighede wat haar besluit onderlê, is ongegrond.