Skip to content

Diesel daal, maar petrolprys styg na aanpassing in kleinhandelmarge

# Die Departement van Minerale en Petroleumbronne het veranderings aan brandstofpryse aangekondig vanaf middernag. Die dieselprys daal met tussen agt- en tien-sent per liter, maar die prys van 95-oktaan petrol styg met agt-sent en 93-oktaan petrol met een-sent. Die kleinhandelprys van lampolie sal met 15-sent per liter daal en vloeibare gas met 17-sent per kilogram. Die minister het ‘n verhoging van ses-sent per liter in die kleinhandelmarge van petrol goedgekeur. Dit is nodig om voorsiening te maak vir die loonverhogings van pompjoggies, kassiere en administratiewe personeel by vulstasies.