# Die Europese Unie gaan teikens stel vir die vermindering van kweekhuisvrystellings vir 2035 en ’40, betyds vir November se COP30-klimaatberaad in Belém, Brasilië. Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, het by ‘n EU-geleentheid in Brussel die noodsaaklikheid van pragmatisme beken, gegewe die verdeling van lidlande oor die doelwitte. Sy sê Brussel is besig om burokratiese rompslomp te verminder om maatskappye te help met die groen oorgang, en belê in kragnetwerke sodat verbruikers die voordeel van goedkoper hernubare energie sal ervaar.
Von der Leyen sê EU sal nuwe doelwitte hê tydens die COP30-klimaatberaad