Skip to content

Reggie Boqo is Gibela Rail Transport Consortium se nuwe uitvoerende hoof

# Die spoorwegtoerustingverskaffer Gibela Rail Transport Consortium het Reggie Boqo aangestel as die nuwe uitvoerende hoof met ingang van Woensdag af. Boqo dien sedert April verlede jaar as die waarnemende uitvoerende hoof. Gibela het ‘n kontrak van 51-miljard-rand met die regering om 600 passasierstreinstelle vir die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika teen 2028 te vervaardig. Die kontrak sluit ook die vervaardiging en verskaffing van onderdele, treininstandhouding en tegniese ondersteuning in. Die maatskappy sê dat Boqo as waarnemende uitvoerende hoof ‘n sleutelrol gespeel het om Gibela se stabiliteit en operasionele prestasie te verseker.