# Die DA in Gauteng sê die ekonomie sal net behoorlik aan die gang kom as alle instellings wat verantwoordelik is vir werkskepping soos ‘n goed-geoliede masjien funksioneer. Die Gautengse Groei- en Ontwikkelingsagentskap het 43 waarnemende personeellede wat wissel van senior tot laer posisies, soos uitvoerende hoofde, die hoof finansiële beampte, departementsbestuurders en betaalstaatbeamptes. Mike Moriarty van die DA sê die provinsiale regering se huidige neiging om nie permanente personeelaanstellings te doen nie, beïnvloed die agentskap se vermoë om sy mandaat behoorlik uit te voer.
DA in Gauteng waarsku tydelike aanstellings ondermyn werkskepping en die ekonomie