# Kaapstad-hawe se plek op die Wêreldbank se hawedoeltreffendheid-ranglys het effens verbeter. Die hawe het wêreldwyd met die meeste punte op die Wêreldbank se 2024 Houerhawe-aanwyser en S&P Global Market Intelligence verbeter. Hy was laaste, maar is nou 400ste uit 403 hawens. Die burgemeester Geordin Hill-Lewis sê ondanks die verbetering, is die hawe steeds onder die vyf swakstes in die wêreld. Hy sê dit wys net hoe ver agter die hawe is: