# Uitspraak in die vuurwapensaak teen EFF-leier Julius Malema en sy gewese lyfwag, Adriaan Snyman, word vandag in die Oos-Londen-landdroshof verwag. Die twee word onder meer beskuldig dat hulle die Vuurwapenwet oortree het. Malema het na bewering in 2018 by ʼn saamtrek in Mdantsane ʼn vuurwapen naby ʼn skare EFF-ondersteuners afgevuur. Voorsittende landdros Twanet Olivier het gister deur al die bewyse gegaan wat tydens die verhoor voorgelê is en sê dis belangrik om konteks te gee.
Uitspraak in die vuurwapensaak teen Malema en Snyman vind vandag plaas