# Die DA sê die Gautengse Gesondheidsdepartement moet dringende dissiplinêre stappe doen ná die Spesiale Ondersoekeenheid se tussentydse bevindings rondom korrupsie by die Tembisa-hospitaal. Die verslag het drie groot sindikate blootgelê wat meer as twee-miljard-rand geplunder het, insluitend kontrakte wat verbind word met president Cyril Ramaphosa se neef, Hangwani Morgan Maumela en Vusimusi “Cat” Matlala. Jack Bloom van die party waarsku die grootkoppe mag nie geregtigheid ontsnap nie:
DA vra vinnige dissiplinêre stappe teen amptenare betrokke by Tembisa-skandaal [KLANK]
ENG BloomOnDisciplinary