# Die DA in Gauteng vra vir die vervolging van persone in korrupte sindikate wat betrokke is by die Tembisa-hospitaalskandaal. ‘n Voormalige finansiële amptenaar, Babita Deokaran, is vermoor omdat sy die verklikker was. Die DA-lid, Jack Bloom, het aan Newzroom Afrika bevestig amptenare wat betrek word is nog nie amptelik aangekla nie. Die Spesiale Ondersoekeenheid se tussentydse verslag het vandag onthul daar is drie sindikate by die hospitaal bedrywig. Bloom vra premier Panyaza Lesufi om beslissend op te tree:
DA eis aanspreeklikheid oor Tembisa-hospitaal korrupsiesindikate [KLANK]
ENG-BloomOnSyndicates