# Die Spesiale Ondersoekeenheid sê sy ondersoek na die Tembisa-hospitaal in Ekurhuleni, Gauteng, sal tot November 2027 voortduur. Dit volg ná onthullings dat meer as twee-miljard-rand wat vir gesondheidsorg geoormerk was, gesteel is. Die eenheid se hoof, Andy Mothibi, sê siviele verrigtinge is aan die gang om die gesteelde geld terug te eis. Hy sê die eenheid werk steeds saam met wetstoepassing om verantwoording te verseker en verdere korrupsie in die gesondheidsorgstelsel te voorkom:
SOE-ondersoek na Tembisa-hospitaal sal tot November 2027 voortduur [KLANK]
ENG MothibiOnTembisa